NewsSchools

Hare waai by skool vir insameling

Kansa glimlag van oor tot oor na ’n besonder suksesvolle Shavaton-projek wat sedert die begin van Maart landwyd plaasgevind het.

Die projek is vir die 16de jaar aangebied en mense regoor die land het ter ondersteuning van dié organisasie hul hare afgeskeer of met helder kleure gespuitverf.

Skole in die lesersgebied het die projek geesdriftig ondersteun.

Volgens Ansie van Heerden van Kansa in Modimolle het Laerskool Nylstroom ’n allemintige R18 060.30 ingesamel, gevolg deur Laerskool Warmbad met R5 179.20 en Hoërskool Nylstroom met  R4 354.10.

“Ons is baie dankbaar teenoor die Waterberg-gemeenskap vir hul ondersteuning met ons fondsinsamelingsprojek. Die sukses van so ’n projek hang van die goedgesindheid van die wonderlike mense in ons gemeenskap af. Baie dankie vir almal se ondersteuning en ook aan al die vrywilligers wat so hard gewerk het,” het Van Heerden gesê.

Related Articles

Back to top button