NewsSchools

Hulle is nou volwaardige welpies

“Hier in Hansieland ag die een die ander hoër as homself,” het sy gesê.

Die “scarabies” (gr. 8’s) van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het op Donderdag 31 Januarie ware Hansie “welpies” geword nadat hulle ’n indrukwek-kende groentjiekonsert aangebied het.

Die konsert is die vorige aand vir die leerders aangebied en die Donderdag vir die ouers en gemeenskap.

Nederigheid is vanjaar die waarde wat by die gr. 8’s gekweek word. Volgens Johanette Pretorius, graadvoog van die nuwelinge, beteken dit beslis nie om ’n vloerlap te wees nie, maar eerder om meer om te gee vir jou naaste as jouself.

“Hier in Hansieland ag die een die ander hoër as homself,” het sy gesê.

Die senior verteenwoordigende raad van leerders moes hul verantwoordelikheid, uitleef en dit was hulle taak om seker te maak dat elke “scarabie” by die konsert inskakel. Die gehoor is op ’n reis geneem en voorgestel aan die vyf waardes wat in Hansieland nagestreef word: nederigheid, respek, betroubaarheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid.

Die saal was elke aand stampvol en die gehoor het die pittige sêgoed terdeë geniet.

Die toneel en dialoog is deur Marianthie van der Walt geskryf.

Related Articles

Back to top button