NewsSchools

Waterbergskool vir CVO kry nuwe hoof

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle verwelkom vir Retha Prinsloo in haar pos as nuwe skoolhoof.

Prinsloo is as onderwyser reeds jare lank by die skool betrokke. Sy volg Jandré Botha as skoolhoof op.

“Dit is altyd ’n groot voorreg én ’n verantwoordelikheid teenoor die kinders, personeel en ouers om ’n skoolhoof te wees. Die opvoedkundige taak is ’n voortdurende proses om gehalte onderwys te bied en om sport en kultuur te ontwikkel,” het sy gesê.

Dit is haar doelwit om kinders op te voed in geloof en te bemagtig met kennis en vaardighede sodat elkeen van hulle bekwaam is vir die eise wat die wêreld stel. “Goeie dissipline is ook baie belangrik,” het sy gesê.

Die skool se kleuterskool op ’n naburige perseel akkommodeer kinders vanaf 18 maande en die skool self het leerders van gr. 0-12.

Drie van die skool se matriekleerders het onderskeidings behaal nadat hulle die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se nasionale seniorsertifikaat eksamen geskryf het. Xandrie Viviers het ’n onderskeiding in Engels behaal, Anna-Mart Jansen in Christelike lewensoriëntering en Michael van Oudtshoorn in wiskundige geletterdheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button