NewsSchools

Nylies se toppresteerder ryg ses A’s in

Hoërskool Nylstroom se toppresteerder in die 2018-matriekeksamen was Mart-Marie Kotzee, wat ses onderskeidings behaal het.

Mart-Marie het A-simbole in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe. Sy het ook ’n B-simbool vir wiskunde behaal. Haar gemiddeld was 84,1%. Sy beplan om vanjaar ’n BSc-graad in grond- en plantkunde by die Universiteit van Pretoria aan te pak.

Nog drie leerders het elk drie onderskeidings behaal.

Juandri Strydom het onderskeidings in wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering en toerisme behaal.

Juandri Strydom het onderskeidings in wiskundige geletterdheid, lewensoriëntering en toerisme behaal en drie B-simbole in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal) en gasvryheidstudies. Juandri se planne vir vanjaar is om onderwys deur Unisa te studeer.

Charmoné Seegers (bo) het onder-skeidings in Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering en geografie behaal

Charmoné Seegers het onderskeidings in Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering en geografie behaal met B-simbole in Afrikaans (huistaal), lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe. Sy wil haar vanjaar bekwaam om ’n paramedikus te word deur die Netcare-hospitaalgroep.

Daniel Maradisane se harde werk het hom onderskeidings in lewensoriëntering, lewenswetenskap en fisiese wetenskap besorg. Hy het B-simbole in Afrikaans (addisionele taal), wiskunde en geografie behaal.

Hoërskool Nylstroom se slaagsyfer was 86% en die 105 leerders wat matriek geskryf het, het altesaam 37 onderskeidings behaal, 68 B-simbole en 143 C-simbole. Daar het 45 leerders universiteitstoelating gekry, 38 toelating om in te skryf vir ’n diploma-kursus en sewe leerders vir ’n hoër- sertifikaat.

Anton du Plessis, skoolhoof, het die leerders geluk gewens met hul uitslae. “Harde werk word beloon. Baie sterkte vir jul nuwe loopbane — ons weet julle kan ’n sukses daarvan maak. Onthou om te doen wat reg is en die regte dinge sal dan met jou gebeur!”

Related Articles

Back to top button