NewsSchools

Engelekoor in aanvraag

Die koor van Laerskool Eugène N. Marais het ’n baie besige programskedule vir die jaar gehad.

Hul optredes was hoog in aanvraag en dit het fyn beplanning geverg om alles te kon inpas. Hierdie engelstemme was boonop nog besig met die eindeksamen ook.

Die koor het by die Kerssangdiens van die Magrietjies-hulpgroep opgetree waar hulle oulike rooi Kersmusse tot die atmosfeer bygedra het. Hul koorleier, Bessie Buys, het hulle daarna gelei in ’n uitvoering by die Methodiste Kerk op die dorp en hul jaar afgesluit by die Kerssangdiens van die NG-kerk in Mookgophong. Almal is dit eens dat daar harde werk en toewyding in hierdie produksies was.

Die koor se begeleier, Toeks Erasmus, sê dat Buys nie net ’n klop op die skouer verdien nie, maar ’n pouveer in die hoed sal ook gepas wees.

Related Articles

Back to top button