NewsSchools

Leerders presteer by Nasionale Eisteddfod

Leerders van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum het op Maandag 12 November tydens die Nasionale Eisteddfod (NEA) se gala-aand (NEA) vir die noordelike streek puik prestasies in die kunste verower.

Die noordelike streek sluit Limpopo en Gauteng in en meer as 1 000 leerders het aan die geleentheid deelgeneem, het Hannalie Kriek, onderwyser,by die musieksentrum, gesê.

Die sentrum se itemwenners van die aand (hoogste punte bo 90%) was Marius Labuschagne (20ste eeu klaviersolo, gr.5), Wynand van Niekerk (klassieke klaviersolo, gr.6) en Daniël Buys (20ste eeu klaviersolo, gr. 11).

Die kategoriewenners wat bo 91% behaal het, was Mizelle Groenewald (strykers), Wynand van Niekerk (romantiese klavier) en Pieter van Emmenis (20ste eeu klavier en Jazz klavier).

Die NEA Ambassadeurstoekenning is toegeken aan leerders wat die hoogste punte uit die boonste 3% van die deelnemers landwyd ontvang het. Pieter van Emmenis het dié toekenning met sy 20ste eeu klavieruitvoering en vir sy Jazz-uitvoering behaal.

Die leerders wat die toptien gehaal het, was Wynand (sewende) en Pieter (vyfde). Pieter is ook aangewys as die beste junior in kontemporêre musiek.

Shanya Cortes, ’n sangleerder van Encore Studio, en Henrique Huisamen, ’n dramaleerder van Arté-ateljee en klavierleerder van die musieksentrum — albei leerders van Hoërskool Warmbad — het die aand ook opgetree.

Shanya is aangewys as die kategoriewenner vir “Motion picture” en het ’n vyfde plek onder die toptien seniors, asook die ambassadeurstoekenning vir sang, ontvang.

Henrique is as itemwenner vir drama en dramatiese monoloog aangewys en het ook die ambassadeurstoekenning vir drama ontvang.

Die musieksentrum se suksesse word toegeskryf aan leerders wat hul talente uitbou deur baie harde werk, ure se oefen en het die ondersteuning en aanmoediging van ouers en onderwysers. Die vrugte daarvan is gepluk toe ’n algehele vierde plek onder die toptien skole en ateljees in Limpopo en Gauteng aan Hoërskool Warmbad se musieksentrum toegeken is.

Related Articles

Back to top button