NewsSchools

Klein Nylies spog met hul bestes by prysuitdeling

Die leerders van Laerskool Nylstroom het behoorlik die pryse ingeryg tydens hul onlangse prysuitdeling.

Laerskool Nylstroom se spoggerige prysuitdelingsfunksie is op Donderdag 22 November gehou. Marlie Groenewald en Stefan Barnard (inlas) is aangewys as die junior sportseun en -meisie van die jaar. Tiaan Steffen en Ipeleng Thloaela is aangewys as die senior sportseun en -meisie.

 

Annerieke Booyse en Carmen Kührau is tydens die skool se prysuitdeling aangewys as Laerskool Nylstroom se senior kultuurleerders. Paul du Plessis is aangewys as die junior kultuurleerder.

 

Laerskool Nylstroom se hoofseun is tydens die skool se prysuitdelingsgeleentheid op Donderdag 22 November as die Nylie van die jaar aangewys. Chanél Botes is beloon met die toekenning wat gegee word aan ’n leerder wie se optrede deur die jaar getuig het van wellewendheid en wat beskou word as ’n jongmens na wie met trots verwys kan word as ’n pronkuitgawe van die jeug. Gavin Smith het die skool se prestige-personeeltoekenning ontvang. Dié toekenning word jaarliks gegee aan ’n gr. 7-leerder wat fluks en hulpvaardig is, bereid is om te help en te alle tye ’n voorbeeld vir ander leerders is.

 

Dit is voorwaar vier slimkoppe hierdie! Laerskool Nylstroom se Dux-leerders is tydens hul prysuitdeling op Donderdag 22 November aangewys. Hulle is Altus Roos (gr. 4), Mizelle Groenewald (gr. 5), Wynand van Niekerk (gr. 6) en op die inlasfoto is Rochélle Ruthven (gr. 7).

 

Laerskool Nylstroom se leiersgroep vir 2019 is onlangs verkies. Voor is Pieter van Heerden, Landré van Staden, Franco Steenkamp, Brenden Davey, Chepape Monyelegoa en Lukas van der Merwe. In die middel is Wessel Swart, Deirdré Meijer, Tiana Jacobs, Melandri van Biljon, Carli-Louise Jacobs, Anika Swart, Liliana Goncalves en Wynand van Niekerk. Agter is Altus du Plessis (onderhoofseun), Lorinda Broodryk (onderhoofmeisie) Ciara Classens, Rohan Röntgen, Amelia Neveling, Tharina Jansen van Vuuren, Altus van der Merwe, Dominique Erasmus en Elizabeth Smith (hoofmeisie) en Marthinus Joubert (hoofseun).

Related Articles

Back to top button