NewsSchools

Bougas kom kuier by Warries-buitelugkonsert

Laerskool Warmbad se jaarlikse kultuurbuitelugkonsert trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan.

Anthonie Bougas en sy span van Uitblinkers besoek die skool op Dinsdag 30 Oktober vir ’n opname wat later op kykNET NOU, kanaal 146, uitgesaai sal word.

Die verfilming van die skool en leerders is ’n unieke bemarkingsgeleentheid wat slegs enkele skole in die land beskore is.

Laerskool Warmbad nooi al sy Warrie-vriende om te kom deel in kultuurvermaak soos net ons Warrie-uitblinkers kan verskaf.

Die program is propvol talent met ’n verskeidenheid sang-, dans-, drama-, en revue-items.

Die buitelugkonsert begin om 18:00 vir 18:30 en toegang kos R50 vir laerskoolkinders en R100 vir volwassenes. Vir navrae skakel die kantoor by tel. (014) 736 2228.

Related Articles

Back to top button