NewsSchools

Modimolle-skoolhoof groet skool ná twee dekades

Nylstroom Primary School groet hul skoolhoof Loraine Prinsloo ná meer as twee dekades by die skool.

Prinsloo lê die tuig einde September neer nadat sy vir 21 jaar aan die skool verbonde was.

Sy het voorheen in Roedtan en Vaalwater skoolgehou, maar het ná haar man se afsterwe na Modimolle verhuis.

“Ek is dankbaar dat ek tot op 65-jarige ouderdom kon skool hou,” het sy aa Die Pos gesê.

Haar twee dogters het in haar voetspore gevolg. Jeanne van Staden is departementshoof by Laerskool Warmbad en haar dogter Anri Prinsloo is by dieselfde skool. Haar enigste seun is ’n litigant by Solidariteit.

“Ek wil my dank uitspreek teenoor die Indiërgemeenskap, veral Mahmood Ravat, asook die ouers van Phagameng vir jul bystand deur die jare. Baie dankie aan die beheerliggaam van die skool met Kupa Lekala as voorsitter,” het sy gesê.

Sy het ook die onderwysers en personeel bedank.

Sy beplan om haar aftrede te geniet deur na die kleinkinders om te sien en baie te kuier.

Related Articles

Back to top button