NewsSchools

Toneelstuk kry groot applous

“Dit was wonderlik om te sien hoe die junior primêregroep dit wat hulle geleer is, toepas.”

Waterberg Academy in Vaalwater het die junior primêregroep se opvoering The selfish Ladybug, wat hulle op 1 en 2 Augustus in hul skoolsaal opgevoer het, vir die eisteddfod ingeskryf, wat op Maandag 3 September by die skool plaasgevind het.

Noekie van Niekerk, wat die regisseur en produksiebestuurder was, het aan Die Pos gesê dit was vir haar wonderlik om te sien hoe die junior primêregroep dit wat sy hulle geleer het, toepas. Die groep het ’n hoogste loftoekenning tydens die eisteddfod ontvang.

Van Niekerk is die junior primêr se departementshoof en gee vir die gr. 1’s skool. Sy het in Mei 2013 by die skool begin en het voor dit by Selebi Phikwe Senior Secondary School in Botswana skoolgehou waar sy by groot opvoerings betrokke was. “Dit is waar ek baie geleer het en goeie ondervinding opgedoen het.”

Hierdie was die eerste toneelstuk wat sy op die planke gebring het.

Laerskool Vaalwater se juniors, wat ook genooi was en dit as ’n skooluitstappie geniet het, se personeel het met lof oor die opvoering gepraat. Chenelle Brits, die gr. 2-onderwyser, het gesê die kinders het die opvoering baie geniet.

Related Articles

Back to top button