Local newsLocal sportNewsSportSport

Boksers berei voor vir seges in die kryt

In Mookgophong is die Naboomspruit-boksklub voluit aan die oefen en volgens afrigter, Johann van Heerden, is hul doelgerig om boksers met dissipline, fiksheid en selfvertroue te ontwikkel.

Na elke oefening sluit hul af met ’n stoei-sessie wat deur Jaco Louw aangebied word om die seuns se krag te ontwikkel.

Ouers sê dat hul ’n merkwaardige verandering by die seuns kan sien.

Naboom-Toyota het goedgunstig’n lokaal beskikbaar gestel waar die seuns kan oefen. Van Heerden is van mening dat daar hope potensiaal is wat nog ontgin moet word en gaan dié klub nog groot suksesse in die kryt behaal.

Vir enige navrae kontak vir Van Heerden by tel. 072 054 9663.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button