Local newsNews

Staptog herdenk sterftes in plaasaanvalle

Met sy stapskoene aan het Liam Richard May honderde kilometers afgelê om bewusmaking oor plaasaanvalle en -moorde te skep.

May het op Maandag 2 September vanaf die Voortrekker Monument in Pretoria begin stap, tot by die Witkruis-monument buite Polokwane waar daar op Saterdag, 14 September ’n kruisplanting gehou is.

May se roete het hom deur Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong en Mokopane geneem.

Tydens sy staptog het ’n groep perderuiters, wat in Desember Bloedrivier toe gery het vir Gelofte-vieringe, by hom aangesluit. Magda Goddard het hom te perd vergesel. ’n Agt-wiel-trekker van die Springbokvlakte en ander plaasvoertuie het in Mookgophong by die groep aangesluit vir die optog deur die dorp.

May stap namens Bittereinders en die Witkruis-monument.

Die Witkruis-monument bestaan uit duisende wit kruise wat sedert 16 Junie 2004 teen die hange van die Ysterberg tussen Polokwane en Mokopane op privaatgrond geplant is. Daar is ’n kruis geplant vir elke sterfte in ’n Suid-Afrikaanse plaasaanval.

Verskeie families wat geliefdes verloor het, het op Saterdag, 14 September by die monument byeen gekom in herinnering van hul geliefdes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button