Local newsNews

Staatmaker van Bela-Bela word gegroet

Die gemeenskap van Bela-Bela groet vandeesweek ’n geliefde inwoner wat altyd ander se belange voorop gestel het.

Tannie Alieda Galloway (79), het die afgelope 30 jaar in Bela-Bela gewoon en haar gewig by die gemeenskap ingegooi. Sy is op Sondag, 8 September skielik oorlede.

Tannie Alieda het die laaste 26 jaar in Salus Oord gewoon en haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Sy is op 31 Mei 1945 in Piet Retief gebore maar het haar later in Vereeniging gevestig.

Toe sy na Bela-Bela (destyds Warmbad) verhuis het, het sy in die Warmbad Staatshospitaal verpleeg.

Tannie Alieda was ook in beheer van die Dienssentrum in Van der Merwestraat se kombuis, waar daar elke week op ’n Woensdag ’n smaaklike ete aan die senior inwoners van die dorp voorgesit word.

Sy laat twee kinders agter (‘n derde seun is oorlede), ses kleinkinders en tien agterkleinkinders na. ’n Gedenkdiens sal op Vrydag, 13 September vanuit die AGS Woord en Lewe Kerk in Ludorfstraat, Bela-Bela gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button