Local newsNews

Vrouens laat die skote klap

Augustus is Vrouemaand en die fokus is soos altyd op die veiligheid en bemagtiging van die skoner geslag in Suid-Afrika.

Die Bosveld Jagters Vereniging (BJV), Waterbergtak, het besluit om op Saterdag, 24 Augustus, die vroue van Bela-Bela te bemagtig en vir hul opleiding in wapenvei-
ligheid aangebied by die Warmbad-skietbaan.

Reeds van vroegoggend was dit ’n miernes van bedrywigheid by die skietbaan op die Alma-pad. Die geweerskote het behoorlik weergalm terwyl die 31 deelnemers (vroue en meisies uit die gemeenskap) opleiding ontvang het.

Niemand was te jonk, of te oud om die sneller te trek nie, en al die fyner punte van vuurwapenhantering en -veiligheid is bemeester.

Daar was verskillende afdelings waarin die vroue kon deelneem: meisies 6 tot 12 jaar, meisies 13 tot 18 jaar, vrouens met min of geen wapen ondervinding, bedrewe skuts en veterane.

Die sewe opgeleide en ervare baanoffisiere het almal se veiligheid verseker en seker gemaak dat alles seepglad verloop.

Die dag het op ’n hoogtepunt afgesluit en die deelnemers het die organiseerders, wat onder die bekwame leiding van Francois Bloemhof was, bedank vir hul nuwe ervaring met vuurwapens.

Hierdie lede van die skoner geslag sal verseker hul man (sic) kan staan.

Related Articles

Back to top button