Local newsNewsSponsored

Prettige bestemming vir die jongspan

Die Hartelief Kwekery en Dierewinkel op die Roodepoort-plotte langs die R516-pad is reeds vir dertien jaar ’n bekende kuierplek vir inwoners van Bela-Bela. Die hartlike gasvryheid van die personeel en die heerlike koeltebome bied vir die moeë reisigers ook lafenis.

Die atmosfeer sê duidelik: “Nou kan jy ontspan!”.

Die eienaars Helene-Marié Erasmus en Magda Diedericks is besig om Hartelief te omskep in ’n prettige bestemming vir die jongspan. Met springkastele, ’n speelpark met nuwe swaaie en klouterrame, gereelde skattejag uitstappies en pret aktiwiteite wat grootliks fokus op kinders van drie tot sewe jaar.

Die amptelike opening en groot pret skop op Saterdag, 31 Augustus om 10:00 af, wanneer Hartelief ’n Lentedag-skattejag vir al die jong maters gaan aanbied. Die jongspan kry dan kans om Lentedag met uitbundigheid welkom te heet.

Toegang is gratis en ouers kan heerlik ontspan terwyl die jongspan klim en klouter en orals snuffel vir versteekte skatte. Die springkastele gaan verseker bydra tot die pret en as al die jong skattejag deelnemers moeg gesoek is, kan hulle heerlik weglê aan koeldrank, worsrolletjies, hamburgers, donuts en allerlei lekkernye. Elke kind sal ook op die dag ’n wonderlike prys ontvang.

Helene-Marié het gesê hul wil graag ’n veilige speelplek vir kinders skep. Hul doelwit is om ’n moet-stop bestemming vir die jongspan te skep waar hul sorgloos kan speel en waar die ouers kan terug sit en ontspan.

Wat is dan mooier as om te hoor hoe jong kinders skater van die lag en hulself gate uit geniet?

Die pret en plesier is ook nie beperk tot net Lentedag nie. Die prettige bestemming kan enige dag gebruik word vir pret-uitstappies, verjaardagpartytjies en selfs vir kleuterskole se uitstappies.

Skakel gerus vir Helene-Marié by tel. 082 418 5229 of vir Magda by tel. 072 214 2797 vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button