Local newsNews

Skok na skielike afsterwe van sakeman en boer

Die gemeenskap van Bela-Bela het met skok verneem van die skielike afsterwe van bekende sakeman en boer, Kobus Humphries van Humphries Boerdery, net buite die dorp.

Volgens Lourens Humphries (broer) is Kobus Saterdagnag, 22 Junie in sy slaap oorlede.

Kobus Humphries is op 18 November 1968 gebore, en was ’n leerder aan Laerskool Warmbad, hy het in 1986 gematrikuleer aan die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong. Na skool het hy aangesluit by die Lugmag en het hom in hierdie tyd as diesel meganikus bekwaam.

Maar die boerdery was in sy bloed en vroeg in die 90’s het hy by Humphries Boerdery betrokke geraak. Hy is in 1994 met Jackie getroud en drie dogters is uit die huwe-
lik gebore, Celiné (1996), Kayra (1998), en Ansunè (2003).

Hy en Jackie se paaie het geskei en hy het in 2022 met Christel in die huwelik getree. Die egpaar woon op die Negester-leefstyl-landgoed, buite Bela-Bela.

Kobus sal altyd onthou word as ’n groot sportentoesias. Hyself het graag gholf gespeel en was ook ’n bedrewe fietsryer. Maar sy eerste liefde was sy kinders. Hy was ’n baie goeie pa en gesinsman.

Sy broers Lourens en Willie sê dat hulle ’n baie hegte familie is en hul het graag saam tyd deurgebring. Die broers het van jongs af saam projekte en uitstappies aangepak. Hul gunsteling was om saam te gaan jag.

“Sy passie was sy kinders,” het Willie aan Die Pos gesê. Willie vertel dat familie, die boerdery en hul sakebelange vir Kobus ’n dryfveer was.

Die broers het gesê dat hul nog altyd ’n baie private gesin was en daarom respekteer hul die gemeenskap wat hul geleentheid gun om hierdie tyd van hartseer te kan verwerk.

Kobus Humphries laat sy vrou, Christelle agter, sy drie dogters, Celine van Heerden, Kayra, en Ansunè Humphries, sy pa Willem en stiefma Elma, asook sy drie
broers Stephan, Lourens, en Willie.

’n Roudiens sal op Saterdag, 29 Junie by Thaba Manzi Wildlife Services gehou word.

Related Articles

 
Back to top button