CrimeLocal newsNews

Diewe wat aalwyne wou steel gekeer

Die groot, trotse aalwyne wat by die ingang van die MDR-hospitaal in Modimolle gestaan het, was die afgelope week amper deur diewe vasgelê.

Die aalwyne is onlangs uitgehaal toe die munisipaliteit ’n lang sloot op die sypaadjie in Thabo Mbekiweg na ’n substasie toe moes grawe om kabels te vervang. Dié “ringfeed” is aangelê om kragonderbrekings na daardie deel van die dorp te verminder.

Die plante en plaveisel wat in die proses uitgehaal is, sou weer in hul oorspronklike plekke herstel word. Die aalwyne het langs die sloot gelê en gewag om weer geplant te word.

’n Op-en-wakker lid van die dorp se reg-ruk-span, AksieOpknap, het betyds gesien dat die insittendes van ’n Gautengse motor probeer om die reuse-aalwyne op te laai en kon betyds ingryp.

Aksie Opknap is verantwoordelik vir talle van die tuine langs sypaadjies en netjiese kort gras in van die dorp se parke. Diegene wat hulle wil ondersteun met hulp of ’n finansiële bydrae, kan vir Steven Rabie skakel by tel. 079 480 7993.

Related Articles

 
Back to top button