CrimeLocal newsNews

Twee verdagtes vas na plaasaanval

Ná ’n intensiewe operasie deur die polisie is twee verdagtes op Saterdag, 8 Junie op Northam in hegtenis geneem vir poging tot verkragting en huisroof. Dit volg ná ’n voorval op Saterdag, 8 Junie in die Northam-omgewing.

Volgens inligting was die eienaar van ’n plaas in die Northam-omgewing die betrokke aand in haar slaapkamer toe sy wakker skrik van naderende voetstappe. Die volgende oomblik het ’n man haar kamer ingebars en sy het hom onmiddellik herken as haar tuinwerker.

Hy het kontant van haar geëis en toe uit die kamer gegaan waar hy met die ander verdagtes gesels het.

Die twee mans het teruggekeer met ’n byl, ’n mes en ’n skuifsleutel (shifting spanner) waarna hulle gedreig het om die vrou te verkrag as sy nie vir hul kontant gee nie. Die verdagtes het daarna die slagoffer beroof van drie skootrekenaars, ’n tablet, en twee selfone voordat hulle op vlug geslaan het.

Die polisie was gou op die toneel en hul ondersoek was suksesvol. Twee mans is op Dinsdag, 11 Junie vasgetrek. Van die gesteelde items is in hulle besit gevind. Die provinsiale kommissaris van die polisie in Limpopo, Luit-Genl. Thembe Hadebe het die ondersoekspan geloof vir hul werk.

Die verdagtes het op Woensdag, 12 Junie in die landdroshof op Northam op aanklagte van huisroof en poging tot verkragting verskyn. Hulle bly in aanhouding. Die polisie ondersoek duur voort.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button