Editor's choiceLocal news

Wol-entrepreneur beïndruk VLU-vroue

As daar een ding is waarvan die lede van die Vroue Landbou-unie Naboomspruit-tak baie hou, is dit om kreatief te wees met die handewerk wat hulle doen.

Hul onlangse besoek aan ’n plaaslike entrepreneur, Lee van Vuuren, het hul hande behoorlik laat jeuk. Van Vuuren is die eienaar van Wooligalooli. Sy koop merino en alpaca-wol uit die Oos-Kaap aan en verwerk dit tot sagte wol in die mooiste kleure.

Die vroue het op Dinsdag, 21 Mei by haar gaan kers op gesteek om meer oor die geheime van wolverwerking uit te vind. Besoekende lede van ander takke in die Soetdoring-streek, onder andere van Mokopane en Modimolle se Olien-aandtak, het saam gekuier.

Van Vuuren hanteer self die hele proses om die wol te kam, te spin en te kleur. Haar man en seun is ook betrokke in die ontwerp en bou van verskillende toestelle wat die proses vir haar makliker maak.

Sy het twee voltydse werkers in diens wat haar help met die spin van die woldraad en die brei van wol-artikels.

Dit was vir die vroue ’n verrykende ervaring om te sien hoe passievol hierdie entrepreneur oor haar wolprodukte voel. Haar harde werk sorg vir pragtige wol stringe wat plaaslik sowel as oor die internet aangekoop kan word.

Die besoekers sal dan ook binnekort kan spog met artikels wat hul gebrei of hekel het van hierdie wol.

Related Articles

Back to top button