Local newsNewsUpdate

Goeie herstel ná ongeluk met trekker

Chané Dreyer, die jong vrou van Mookgophong wat in Mei ’n fratsongeluk oorleef het toe ’n trekker oor haar gery het, sterk goed aan na haar operasie.

Dreyer (25), wat saam met haar man Willem (28) op ’n plaas in Mississippi in Amerika werk, se kop het onder ’n trekker se wiel beland nadat sy afgeklim het om modder van die bande af te krap. Sy en Willem was besig om lande, wat baie nat was, vir rys te ploeg toe die ongeluk gebeur het.

Lees ook: Vrou ontglip dood ná fratsongeluk

Dreyer het binne minute mediese hulp ontvang en is per helikopter na die Jackson University-hospitaal vervoer. Die dokters het bevind dat haar skedel ’n krakie tussen haar oë opgedoen het en haar wangbene, neus en sinusholtes gebreek is. Sy het geen teken van bloeding of vog op haar brein gehad nie, het Corlet Briel, Willem se tannie, vroeër aan Die Pos gesê.

Sy is op Woensdag 29 Mei geopereer. Haar neus is weer opgebou en plate is op verskeie plekke in haar gesig ingesit. Die urelange operasie het volgens haar familie goed verloop. Sy is Sondag 4 Junie ontslaan. Haar pa, André Joubert wat in Mookgophong woon, het Amerika toe gevlieg om haar by te staan na die operasie.

Related Articles

Back to top button