Local newsNews

Wenkbroue lig ná brandende dwarsleêrs rookbolle veroorsaak

Pikswart rook wat meters hoog die lug in geborrel het, het op Maandagmiddag, 27 Mei talle inwoners in Modimolle bekommerd ondersoek laat instel.

Die rook kon van bykans oral af in die dorp gesien word. Die brand het langs die treinspoor in Lillian Ngoyiweg, naby die nywerheidsgebied ontstaan.

Volgens inwoners en sakelui in die omgewing, vermoed hulle dat iemand vullis in die veld gestort het wat aan die brand geslaan het.

Dié rookwolk het Maandag oor Modimolle gehang.

Whitey Austin, wat jarelank sy onderneming daar naby bedryf het, het ondersoek ingestel.

“Daar lê ’n hoop ou spoorwegdwarsleêrs in die veld wat ook begin brand het. Van hulle is die ou staalsoort, maar ander is van beton gemaak. Dié wat van beton is, het ’n stuk rubber in teen die ysterplaat. Die rubber is die rede hoekom die rook so pikswart is,” het hy gesê.

Die brand het nie verder versprei nie.

Related Articles

Back to top button