Local newsMunicipalNews

SA VERKIESING 2024 | Stemmery loop vlot ondanks drama

Stemmery in Modimolle het vroegoggend, Woensdag 29 Mei, effe stadig maar glad weggespring.

Dikeme Pilane van die OVK het bevestig dat hulle teen 08.00 geen probleme ervaar het nie.

Videos het gisteraand die rondtes gedoen met ontstelde verteenwoordigers van politieke partye wat in die OVK se gebou saamdrom met vrae oor stembokse wat vroeër uit die gebou verwyder is. Die Modimolle-polisie was reeds vroegoggend daar om die kwessie te ondersoek.

Volgens Pilane het ‘n misverstand die probleem veroorsaak en is ‘n berg van ‘n molshoop gemaak.

“Vir spesiale stemme word net een stembriefhouer gebruik in plaas van die drie wat vandag gebruik word. Die houers wat verwyder is, was dié wat ongebruik is, daar was geen stembriewe in nie.”

Volgens hom is hul kantore in ‘n tydelike gebou langs die stadsaal, te klein om die houers te stoor en dit is hoekom dit weggeneem is.

Met Die Pos se besoek vroegoggend was daar steeds ‘n hoop houers by die ingang na die gebou gestapel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button