Editor's choiceLocal newsNews

Snotsiekte uitbraak ook nou in Bela-Bela

Groot kommer is reeds uitgespreek na die onlangse uitbraak van snotsiekte in die Modimolle-omgewing en dit wil nou blyk asof die gevreesde siekte onder diere ook in die Bela-Bela omgewing waargeneem is.

Snotsiekte is ’n ernstige siekte wat veral versprei word deur wildebeeste en is oordraagbaar aan vee. Dit word in Suid-Afrika beskou as ’n aanmeldbare siekte en feitlik 90% van diere wat snotsiekte opdoen sal daarvan vrek. Die rede is grootliks te danke aan ’n gebrek aan entstowwe.

Lees ook: Snotsiekte twis tussen bure ontaard in hofgeskil

Henk van der Graaff van die distrik landbou-unie (DLU) kon bevestig dat daar wel gevalle in die Bela-Bela- omgewing en Rooiberg aangemeld is. Volgens Corrie Nelson van die plaaslike boere vereniging is snotsiekte ’n sporadiese siekte wat van tyd tot tyd kop uitsteek. Hy is bewus van enkele gevalle wat onlangs aan simptome soortgelyk as die van snotsiekte in die omgewing geïdentifiseer is. Daar is egter geen bevestiging van ’n veearts bekom dat dit wel snotsiekte was nie.

Snotsiekte se simptome is maklik identifiseerbaar en sluit in ’n slymerige afskeiding uit die neus, seertjies en etterige afskeidings op die slymvliese in die bek, in die boonste lugwegkanale en die oë, waar letsels ook kan vorm en blindheid tot gevolg het. Vergrote limfkliere is ook ’n algemene verskynsel by diere wat snotsiekte het.

Hyman Cohen, ’n boer van die Rooiberg-omgewing het bevestig dat daar ’n geval in hul omgewing aangemeld is.

Related Articles

Back to top button