Local newsMunicipalNews

Waterlekke lê sakelui lam

Dit het die afgelope week op sosiale platforms in Bela-Bela gegons oor die verskeie waterlekke in die dorp.

Dit was veral die groot plasse water wat voortdurend voor sakeondernemings se deure staan wat die polemiek ontketen het.

Peter Moloto, kommunikasiehoof van die Bela-Bela munisipaliteit, het die waterlek langs die poskantoor in Pretoriaweg gerapporteer.

Sake-eienaars is bekommerd dat die plasse onwelriekende water ’n nadelige invloed op hul ondernemings sal hê.

Met Die Pos se besoek in Sutterweg was daar groot plasse water voor verskeie ondernemings. Dit het die toegang tot die winkels belemmer.

Volgens Jee-Dee Cloete, raadslid van dieVryheidsfront Plus, is daar ’n probleem met die kleppe wat nie instand gehou is nie.

Sakeondernemings in Sutterweg se toegang word belemmer met damme stilstaande water.

“Dit is kleppe wat nie vervang is nie. Daar was ’n projek waartydens die kleppe gediens en waar nodig vervang is, en sekeres is toe oorgesien. Daar is nog ’n paar ander wat sporadies lek.” het Cloete aan Die Pos gesê.

Andries van der Heyde, raadslid van die DA, sê die infrastruktuur is nie instand gehou. Hy meen die stormwaterafvoerstelsel wat nie gereeld skoongemaak word nie, dra by tot die krisis.

“Die water het geen afvoer nie en dam voor sakeondernemings op. Dit is weereens ’n geval van onderhoud wat in gebreke gebly het,” sê Van der Heyde.


Die Pos met with Peter Moloto, Head of Communications at the Bela-Bela Municipality, in regards to the leakage in Luna Road and the issue of the water in Sutter Road in front of some local businesses, especially when it rains.

Moloto said that it should be investigated to see where the problem lies. During the interview he phoned the water, road, and stormwater division to report the leakage in Luna Road and next to the Post Office.

Moloto requested the community to report any problems at the municipality customer care division and not only complain on social media groups.

Related Articles

Back to top button