CrimeLocal newsMunicipalNews

Bela-Bela-begraafplaas – terrein met een voet in die graf

‘n Ondersoek deur Die Pos het die skokkende toestand van die begraafplaas in Bela-Bela, aan die lig gebring. Dié plek waar inwoners gedink het hul, hul geliefdes veilig te ruste kon lê.

Verskeie inwoners het klagtes by Die Pos ingedien dat die begraafplaas in ’n haglike toestand is en dat die terrein onveilig vir besoekers is.

Die Pos het die begraafplaas besoek en weliswaar ’n terrein gevind waar die gras skouerhoogte staan en die grafte onsigbaar is in die lang gras. Die toegangspad na die begraafplaas is feitlik onbegaanbaar en is dit baie duidelik dat die munisipaliteit nie die terrein in stand hou nie. Daar is verskeie van die grafstene wat beskadig is en dit op sig self wys dat daar nie sekuriteit in plek is nie.

‘n Grafsteen wat onder vandale deurgeloop het.

Op ’n navraag van Die Pos aan Peter Moloto, kommunikasiehoof van die Bela-Bela-munisipaliteit, het hy erken dat die munisipaliteit bewus is van die probleme en die verwaarloosde toestand van die begraafplaas. Hy het aangedui dat die grootste uitdaging die aanhoudende vandalisme is. Die koper naamplaatjies word afgebreek en grafte word in die proses beskadig.

Hy het voorts gesê dat daar ’n bestaande skedule is vir munisipale werkers om die gras te sny, maar het toegegee dat dit ’n stryd is om die gras onder beheer te hou.

Die Pos se navorsing het ook ’n positiewe ontwikkeling tot gevolg gehad. By ’n tweede besoek aan die begraafplaas op Maandag, 11 Maart, was munisipale werkers besig om die gras te sny, wat dui op ’n poging om die situasie aan te spreek.

‘n Poging word aangewend om die gras af en toe te sny.

Inwoners van Bela-Bela en ander dorpe in die Waterberg en selfs oor provinsiale grense is besorg oor die langtermyn oplossing vir die knellende probleem. Dienslewering deur munisipaliteite is landswyd maar power en begraafplase word nie hoog op die prioriteitslys van noodsaaklike dienslewering geplaas nie.

Inwoners sal moet eienaarskap neem om hul geliefdes se laaste rusplek ’n veilige en waardige plek te maak.

Related Articles

Back to top button