EntertainmentLocal newsNews

Tjellis wys sy vernuf in Strijdom-teater

Die bekende en begaafde tjellis, Francois le Roux, beter bekend as HA!MAN, het op Woensdag 13 Maart ’n onvergeetlike uitvoering gehou in die Strijdom-teater by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong.

“Dit was beslis wêreldklas en absoluut kos vir die siel,” het Elrine van Staden, een van die uitgesoekte gaste aan Die Pos gesê.

Soos oudergewoonte het die gaste hulle mandjies gepak met eet-en drinkgoed en die aand geniet. Le Roux is ’n meester op die tjello maar speel ook klavier, met improvisasie en fluit. Hy het homself geleer om sy stem as neusfluit in te span en dié dan as bykomende instrument met sy tjello, musiek te maak.

Le Roux is ’n trots Suid-Afrikaanse burger maar pendel tussen Suid-Afrika en België, waar sy gesin woon. Hy is al meer as 30 jaar as uitvoerende kunstenaar op die verhoog en het al sy buiging gemaak in die Royal Albert Hall in Londen, verskeie state in Amerika besoek, Europa en ook in die Verre Ooste opgetree.

Na afloop van die aand het hy aan Die Pos gesê: “Dit was ’n genotvolle aand en die gehoor was wonderlik en het positiewe reaksie gegee op my uitvoering,” het hy gesê. In antwoord op ons vraag wat is sy lewensuitkyk het hy gesê dit is lewe eenvoudig en ongekompliseerd en bygevoeg:

“The meaning of life? HA! Just that. A simple breath. A snapshot of what it is to be alive.”

Hy gaan in September vanjaar terugkeer vir nog ’n optrede in die teater.
Die Strijdom-teater is op 3 Oktober 2018 geopen en is die breinkind van Gerda Swanepoel, destydse kultuurhoof van die skool.

Related Articles

Back to top button