LifestyleLocal newsRecipes

Nasionale melktertdag oral gevier

As daar nou een ding is waaroor Suid Afrikaners saam stem, is dit dat melktert nie net deel is van ons kultuur nie, maar ook los hande een van die lekkerste geregte is wat ’n mens sommer trots laat voel om deel van hierdie kultuur te wees.

Op Dinsdag, 27 Februarie het Suid-Afrikaners weer die uitdaging aanvaar en oral, selfs oorsee, is melkterdag gevier. Melktert dateer uit die 17de eeu, toe Nederlandse setlaars dit aan die Kaapkolonie bekendgestel het.

Sedertdien het dit ’n simbool geword van die Suid-Afrikaanse kultuur en hul unieke kookkuns. Dit is ’n gunsteling bederf vir Suid-Afrikaners waar ook al hul woon.

Tracey van der Merwe en haar ma, Barbie Botes.

Besoekers aan ons land vra gou om dié tradisionele lekkerny te proe.

In professionele-, huis- en plaaskombuise dink die bakkers hul het die wenresep. Tot jy hul begin uitvra oor die resep, dan swyg hul soos die graf want dit was dan konsuis ’n geheime ou familie resep.

Barbie Botes van Mookgophong het egter ingestem om haar heerlike resep met die lesers te deel.

Links: Barbie Botes van Mookgophong se melktertresep, met aanpassings in haar eie handskrif.

“Dit is ’n resep wat in ons familie is en my kleinsus het dit al vele male oor getik en uitgedeel. Soms pas ek dit aan vir die hoeveelheid terte wat ek moet maak,” het sy aan Die Pos gesê.

Die personeel van Hoërskool Hans Strjdom is ook Dinsdag bederf met Barbie se heerlike melktert.

Related Articles

Back to top button