Local newsNews

Ongenooide “gas” maak amok

‘n Egpaar van Gholfpark in Mookgophong,wat anoniem wil bly, het Dinsdag 13 Februarie, in die vroeë oggendure ‘n nare ondervinding gehad toe ‘n ongenooide “gas” besluit het om hulle slaapkamer met hulle te kom deel.

Volgens die man het hy omstreeks 00:40 ‘n geluid gehoor op sy bedkassie.

Hy het oor geleun, in die donker, om die bedlampie aan te skakel toe hy aan die ongenooide “gas” wat niks anders as ‘n wipneuskkobra, gevat het

“Ek kon dadelik uitmaak dat dit ‘n slang was en met die opsring is die slang van die bedkassie onder die bed in,” het die man gesê.”

Hy het opgespring in die bed en ‘n paar geveuelde woorde ge-uiter,” het sy vrou aan Die Pos vertel.

Die twee het die kopliggie, wat byderhand was,in die hande gekry en gebruik om uit die kamer te ontsnap.

Hulle het seker gemaak dat die kamerdeur dig toe was en maar die res van die nag in die gastekamer geslaap.

Omstreeks 7:00 het hy Dave Honnibal, slangvanger in die dorp gebel en Dave het die slang in die hangkas in die kamer gevind en dit verwyder.

Volgens Honiball kan hulle gelukkig wees dat dit ‘n wipneuskobra was en nie een van die spoegkobras nie.

Hulle is geneig om makliker te pik. Dave waarsku mense egter om nie slange te konfronteer nie.

”Hulle sal dan nie agressief wees nie. Indien jy op ‘n slang afkom tree net stadig agteruit en hou jou oë op die slang se kop. Ek het nog altyd baie respek vir die slange en ek dink daarom is ek dalk nog nie deur ‘n giftige slang gepik nie,” het hy gesê.

Die vermoede is dat die slang by die motorhuis se deur, wat Sondag vir ‘n tyd oop was, in gekom het.

Related Articles

Back to top button