CrimeLocal newsNews

Ongeluk eis verdagte en polisieman van Mookgophong

Die name van die twee oorledenes in die polisievoertuig in die gru-ongeluk op Sondag 11 Februarie, op die R101 by Tobias buite Mookgophong, is bekend gemaak.

Konstabel MM Makoela, wat ‘n passasier was is op die toneel dood asook Willy Ntimane, die gevangene wat na Mokopane vervoer is en in die vangwa was.

Volgens Kapt Ockert du Plessis van die polisie in Mookgophong, is Ntimane ongeveer middernag in hegtenis geneem nadat hy ‘n polisieman by die aanklagkantoor aangerand en geintimideer het. Ntimane is op 2 Februarie op borg vrygelaat nadat hy in aanhouding was in Modimolle, vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Die wrak van een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was.

Nadat die papierwerk voltooi is, het twee polisiebeamptes Ntimane na Mokopane vervoer toe die tromp-op botsing in die vroeë oggendure net voor 03:00 plaasgevind het. Volgens alle aanduidings was die polisievoertuig in die regte baan toe die Renault sedan reg van voor daarmee gebots het. Al vyf insittendes van die sedan,’n pa, ma en drie seuns is ook opslag dood. Hulle name is nog nie bekend nie.

Die bestuurder van die polisievoertuig, sersant MS Phele is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

“Hulle was my kollegas. Ons stasie is soos ‘n familie. Vir Ons het Ons ‘n familielid verloor.

Ons hele stasie is in rou. Hulle het hulle werk gedoen en ‘n verdagte uit ons gemeenskap verwyder waarvoor die gemeenskap dankbaar is. Dink bietjie aan ander se gevoelens wat julle in die proses aanraak deur julle kommentaar,veral ons lede wat die toneel moes gaan bewoon het Vir julle wat ons lede ondersteun, baie dankie ons waardeer julle,” het een van die polisiebeamptes reageer op ‘n facebookblad waar daar aantygings teenoor die polisie gemaak is van roekelose bestuur. Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is nog nie afgehandel nie.

Related Articles

Back to top button