Local news

Plaaslike modelle pronk by internasionale kompetisie

In ’n glansryke vertoning van talent en uitnemendheid, het die modelle van b-U Models SA se Bela-Bela-tak weer eens hul stempel afgedruk by die Stars of the Universe Virtual International Performing Arts-kompetisie wat jaarliks virtueel gehou word.

Die organiseerders van hierdie uitgelese kompetisie het minimum kwalifikasie vereistes gestel om hul standaard van wêreldklas deelname te verseker.

Die kompetisie het vanaf Woensdag 10 tot Woensdag 17 Januarie plaasgevind, met ’n indrukwekkende 662 deelnemers uit meer as 20 lande wat hul talente ten toon gestel het. Onder hierdie deelnemers het die modelle van b-U Models SA se Bela-Bela-tak hul plek as voorlopers in die bedryf bewys deur goue toekennings te verower.

Amore van der Merwe, Angelique van Jaarsveld, en Chenell Maidment het die virtuele podium betree in die hoogmode modelwerk-kategorie (high fashion), waar hulle uitslae tussen 80 en 84% behaal het. Hierdie prestasies is nie net ’n bekroning van individuele talent nie, maar ook ’n aanduiding van die hoë standaard wat deur die plaaslike tak van b-U Models SA gehandhaaf word.

Die deelname van hierdie modelle by die Talent Africa-nasionale kompetisie, waar hulle elk goue medaljes verwerf het, het hulle die voorreg gegee om deel te neem aan die internasionale kompetisie.

Die Bela-Bela-tak van die modelagentskap staan onder die bekwame leiding van Karin Odendaal. Sy het aan Die Pos gesê dat hul hierdie jaar nog meer modelle gaan afrig om op internasionale loopplanke te verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button