Local news

Vee-kenner van Waterberg sterf

Gerhard (Fellies) Felstead, jarelange inwoner van Bela-Bela, is op Donderdag 14 Desember in die Montana-hospitaal in Pretoria aan orgaanversaking oorlede.

Hy sou op 15 Januarie sy 64ste verjaardag gevier het.

Fellies was in die gemeenskap en die Bosveld-area waar hy gewerk het bekend vir sy uitgebreide kennis van beeste en veeveilings.

Hy was ten tyde van sy dood werksaam by André Kock en Seuns Afslaers in Bela-Bela.

Sy gedenkdiens is op Vrydag 5 Januarie in die Nederduits Hervormde Kerk in Bela-Bela gehou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button