Local news

Voorspoedige nuwe jaar, Suid-Afrika!

Lesers van Die Pos deel hul nuwejaarswense vir die land, asook vir die dorpe waarin hulle woon.

Ken Maud.

Ken Maud of Waterberg Tourism in Vaalwater:

At this time of the year, we must give thanks to the wonderful area we live in and for the friendly people who share it. We saw what the Springboks achieved when everyone worked together. It is my wish that the people of the Waterberg can recognize the importance of wildlife and tourism to the local economy and begin to work together to make the Waterberg a sustainable destination of choice for tourists so that we can create employment for the community.

South Africa is such a wonderful country with warm, friendly people. More importantly, the citizens of South- Africa are resilient and innovative. We can no longer afford the luxury of looking back. We need to alter our attitude and look forward. We need to go where the energy is and make it happen. To the beginning of a new era starting in 2024!

Rudi Fourie.

Rudi Fourie, hoof van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle:

In hierdie tyd van uitdagings en onsekerhede is dit belangrik om te fokus op positiewe veranderinge en gemeenskaplike groei. My nuwejaarswens vir Suid-Afrika is eenheid en versoening. Mag 2024 ’n jaar wees waarin ons as ’n nasie saamstaan; ongeag ons verskille. Mag daar erkenning wees van ons gedeelde geskiedenis wat ons almal gevorm het. Mag ons ekonomie floreer en sakeondernemings groei sodat daar meer werkgeleenthede kan wees.

Ek hoop ook dat dit goed sal gaan met die onderwysstelsel met verbeterde hulpbronne, tegnologie en opgeleide opvoeders wat die jeug van ons land bemagtig om hul volle potensiaal te bereik.

My wense vir ons dorp is dat daar veiligheid en harmonie sal heers en dat ons as gemeenskap sal saamwerk om ’n veilige en geborge omgewing te handhaaf, met samewerking tussen inwoners, gemeenskapsleiers en plaaslike kragte van orde.

Wilna van den Heever.

Wilna van den Heever, voorsitter van die Vroue Landbou-unie en Kansa-verteenwoordiger:

In die komende jaar moet ons inwoners van die Waterberg-omgewing mekaar meer waardeer en erkenning gee, ongeag beroep, status, kleur of die plek waar ons paaie kruis. Indien jy wil hê iets moet verander, sal jy self die aanvoor werk moet doen. Sommige pogings kan ’n lang tyd neem. Verander gesindhede, maar begin by jouself. Wees gaaf met mekaar: ’n lekkertjie in die hand van ’n motorwag veroorsaak ’n glimlag wat jou hart laat verkrummel. As Modimolle verander, kan dit uitkring. Met die hulp van Bo kan die hele land verander.

Moenie dink enige pogings van jou is te gering nie. Ons kan nie voorspoed wense vir 2024 hê sonder dringende gebede nie. My hoop is dat ons oor kerkgroepe heen hande vat en vrede af bid. Ons is dankbaar vir positiewe veranderinge wat in ons dorp gebeur. Soos ons by die VLU-byeenkoms afgesluit het: moenie nalaat om minsaam te wees nie. Mag 2024 meer vredevol wees. Ons is trots daarop om Waterbergers te wees, veral hier in Modimolle.

Jannie Buys.

Jannie Buys, leraar van Koinonia-gemeente, in Modimolle:

Ek moedig mense aan om die nuwe jaar met verwagting in te gaan. Dit kan ’n mens slegs doen vanuit dankbaarheid vir die goeie dinge wat met ons gebeur het in die ou jaar.
Dankbaarheid vir selfs die klein dinge waarmee God ons geseën het, dit bring groter verwagting dat Hy dit weer kan doen vir elkeen van ons. Ondankbaarheid en ontevredenheid is die grootste vyand vir verwagting wat ek vir die toekoms het.

Ons verwagting vir die nuwe jaar kom uit die dankbaarheid wat ek het wat God vir my gedoen het in my persoonlike lewe, my huwelik, my gesin, my dorp, my gemeenskap en my land.

Klein dinge soos dat ek kon eet, aantrek en dat ek onder ’n dak kon slaap, skep die geleentheid dat ek groter verwagtinge kan hê vir die toekoms. Die God wat my geseën het in die klein dinge is op die ou einde die voorsiener van my verwagtinge vir volgende jaar en die toekoms.

My verwagting in Hom is die een wat genesing en gesondmaking bring in my persoonlike lewe, my huwelik en my gesin en so ook vir ons gemeenskap sodat ons die vreugde en vrolikheid sal ervaar wat God vir ons het in Hom.

Mag my verwagting in God my Vader net sal wees dat ek Hom die jaar 2024 meer sal vertrou en dat my dankbaarheidslysie aanstaande jaar net langer sal wees

Related Articles

Back to top button