LifestyleLocal LifestyleLocal news

So lyk ons planne dié Kersfees…

Die Pos wou graag weet wat die bekende gesigte van ons gemeenskap se Kersfees-planne is en het ’n bietjie met ’n paar van hulle gaan gesels.

 

Jee-Dee Cloete.

, Vryheidsfront Plus (VF Plus)-raadslid in Bela-Bela:

Ek is Kersfees eintlik net rustig saam met my gesin by die huis. Ek het verpligtinge teenoor my dorp en die kiesers en ek voel dat Kerstyd bitter belangrik is vir die dorp om vlot te verloop. Ons gaan wel vroeg Januarie weg met vakansie en sal van die naweke in Desember ook nie noodwendig in die dorp wees nie.

Adriaan Harper.

Adriaan Harper, hoofbestuurder van Warmbaths Forever Resort in Bela-Bela:

Ek sien Kersfees as ’n tyd vir familie en vriende om saam te wees en tyd saam met mekaar deur te bring. In ons bedryf kan die feesseisoen maar partymaal so vinnig verbygaan dat jy nie die geleentheid kry om dit te vier nie. Dié Kersfees is my planne om seker te maak dat daar ’n balans is sodat daar familietyd kan wees, maar ook om te sorg dat die duisende families wat by die oord besoek aflê, dit ten volle geniet en ’n rustige tyd ervaar.

Drummond Hammond.

Drummond Hammond, owner of Bosveld Diesel in Bela-Bela:

The Hammond’s will attend the Christmas service and then spend the rest of the day at home.

Louis Cilliers.

Louis Cilliers, hoof van Hoërskool Warm-bad, Bela-Bela:

Aan die einde van ’n opwindende jaar kyk ons terug van waar ons aan die begin van die jaar gestaan het en hoe merkwaardig elke kind en onderwyser ontwikkel en gegroei het. Ons gaan nou die feesgety binne en ek wens elkeen verbonde aan Hoërskool Warmbad ’n besondere en spesiale feesgety toe. Ek vertrou dat ons almal met die aanvang van die nuwe skooljaar met hernieude krag en passie sal terugkeer. Hierdie vakansie beplan ons as gesin om gehaltetyd met mekaar deur te bring en Kersdag met dankbaarheid te vier omdat Jesus Christus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Kersdag met die see se gebruis in die agtergrond aan die Kaapse Suidkus bly altyd ’n voorreg.

Andries Van der Heyde.

Andries Van der Heyde, DA-raadslid in Bela-Bela:

Dit is moeilik vir raadslede om rondom Kersfees te beplan. Ek wil altyd beskikbaar wees vir ons dorp. Hierdie Kersfees gaan ek, my vrou en kinders net rustig wees en kyk wat gebeur. Die boom is op, liggies is op en die geskenke is onder die boom. Ek sien uit daarna om tyd saam met my familie deur te bring.

Related Articles

Back to top button