LifestyleLocal news

Só lyk die inskrywings vir Die Pos se kunskompetisie

Altesame 185 kunswerke van leerders in ons lesersgebied is ontvang in Die Pos se eerste kunskompetisie: Die Pos Palet — van pen tot kwas.

Die kunskompetisie waaraan kleuters, laer- en hoërskoolleerders deelgeneem het, het vandeesweek tot ’n einde gekom met die aanwys van die wenners. Inskrywings is vanaf Bela-Bela tot so ver as Mokopane ontvang.

Die kunswerke is op Sondag 22 Oktober in ons kantoor in Bela-Bela beoordeel deur Odette Graskie, ’n professionele kunstenaar van Johannesburg.

Die eerste plekwenners se werk is weer beoordeel en ’n algehele wenner is aangewys wat die Die Pos Palet-wisseltrofee ontvang, asook ’n pryspakkie wat heerlike bederwe vanaf ons borge insluit.

Al die deelnemers ontvang sertifikate vir deelname. Die onderskeie wenners kry nie net ’n wensertifikaat nie, maar ook elk ’n pryspakkie moontlik gemaak deur ons borge.

Charmaine Lourens, eienaar en redakteur van Die Pos, bedank al die borge en deelnemers.

“Gemeenskapsbetrokkenheid is vir die koerant belangrik. Ons gaan die kompetisie weer aanstaande jaar aanbied en weet dit sal nog verder uitkring. Dit bevorder kuns in die Waterberg en gee die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef.”

Welgedaan aan elke leerder wat ingeskryf het. Ons is trots op julle.

Kliek op die skakel vir die inskrywings: DIE POS PALET KUNSKOMPETISIE 2023

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button