Local news

Meer reën nodig om verbod op brande op te hef

Ná verskeie vernietigende veldbrande wat Limpopo die afgelope maand geteister het, is daar ’n groeiende behoefte onder die gemeenskap om voortydig voorbrande te maak om hul eiendom in die toekoms teen soortgelyke tragedies te beskerm.

Terwyl blokbrande ’n belangrike maatreël is, is dit krities dat die gemeenskap die regte prosedures moet volg.

Volgens Arnaud Le Roux, ondervoorsitter van die brandvereniging en voorsitter van die Bobbejaansberg-sektor, bly die brandverbod vir die maak van oop vure steeds van krag.

Al lyk dit asof die reënseisoen begin het, het daar nog nie voldoende reën in die distrik geval nie. Grondeienaars wat reeds in die besit is van ’n wettige brandpermit van die departement van landbou, wat spesifike areas van die plaas aandui, kan bykomende, maar verpligte permitte van die brandbeskermingsvereniging en die sektorleier bekom. Slegs dan mag grondeienaars onder die regte weersomstandighede beheerde blokbrande uitoefen.

Mense wat sonder die nodige permitte oop vure maak, kan ingevolge die nasionale brandwet vervolg word.

Asgate sal slegs op meriete ’n brandpermit kan ontvang indien alle voorsorgmaatreëls in plek is, hoewel asgate verkieslik nog nie gebrand moet word nie.

Dit is van uiterste belang om hierdie riglyne te eerbiedig om die gemeenskap se veiligheid te verseker en die risiko van brande te beperk.

Vir navrae en om by die vereniging aan te sluit, kan mense vir Arnaud Le Roux bel by tel. 082 325 6578 of vir Mel Meyer by tel. 084 788 9291.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button