CrimeLocal newsMunicipal

Diefstal van verkeerstekens moet STOP

Motorbestuurders ry die afgelope paar maande versigtig deur die woonbuurte van Modimolle nadat tientalle stoptekens gesteel is.

Die Pos het vroeër berig dat strate sonder enige stoptekens óf padmerke ’n gevaar skep omdat diegene wat nie die dorp ken nie, nie besef dat hulle in aankomende verkeer se pad beland nie.

Inwoners het ingespring om self die probleem op te los met die hulp van die munisipaliteit.

Volgens wyksraadslid Wiets Botes verskaf die munisipaliteit die borde en help met arbeid wanneer hy daarvoor vra.

“Inwoners en sakelui het verf gegee sodat ons die padstrepe by die MDR-hospitaal en ander plekke kon verf. Laerskool Nylstroom het ook verf geskenk sodat die stop- en padtekens daar herstel kon word. Die stop- en padtekens in Booysenstraat — die roete wat die kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis smiddae terugstap — is ook herstel om hul veiligheid te verseker,” het Botes gesê.

Soos wat hulle verf ontvang, reël hy dat die padstrepe geverf word.

“Die stelery van die stoptekens moet ophou. Diegene wat dit doen, moet besef dat dit iemand se dood kan veroorsaak.”

Related Articles

Back to top button