Dié drie kreatiewe susters van Limpopo was vanjaar beoordelaars by die Oppie-Tong-af-redenaarskompetisie se nasionale uitdunronde. Die redenaarskompetisie se finaal vir hoër- en laerskoolleerders het oor drie dae gestrek en is by Laerskool Rooihuiskraal in Centurion gehou. Martinette Muller van Tzaneen, Annarien Jacobs van Bela-Bela en Santie Gildenhuys van Modimolle het saam meer as 50 jaar ondervinding in redenaarskompetisies.