LifestyleLocal newsSchools

Kreatiewe leerders spog met hul talent

Altesame 185 kunswerke van leerders in ons lesersgebied is ontvang in Die Pos se eerste kunskompetisie: Die Pos Palet — van pen tot kwas.

Die weninskrywing. Kommentaar van die beoordelaar is soos volg: “Very expressive mark-making. The interpretation of the theme was brilliant. I love the technique used with different textures and patterns. A very strong composition of the theme. Very creative.”

Die kunskompetisie waaraan kleuters, laer- en hoërskoolleerders deelgeneem het, het vandeesweek tot ’n einde gekom met die aanwys van die wenners. Inskrywings is vanaf Bela-Bela tot so ver as Mokopane ontvang.

Modimolle Christian Academy se drie pryswenners is Ouma Sekete (junior skilderkunswenner), Ronewa Managa (inkleur vir juniors tweede plek) en Lethabo Ramogayana (woordkunswenner).

Die kunswerke is op Sondag 22 Oktober in ons kantoor in Bela-Bela beoordeel deur Odette Graskie, ’n professionele kunstenaar van Johannesburg. Graskie het ’n meestersgraad in visuele kuns en haar werk word ook in verskeie lande oorsee ten toon gestel.

Jesse de Wet van Brak-en-Jan kleuterskool in Modimolle saam met sy pa, Piet. Jesse is die wenner in die inkleur-kategorie.
Bo is Jesse de Wet van Modimolle Christian Academy se inkleurprent. “Baie mooi tegniek. Die kolle op die ouma se rok en op die hondjie spreek van kreatiwiteit. Agtergrond is mooi. Die ouma se pienk hare en die klein voëltjie se vere op sy vlerke wys detail. Goeie inskrywing.”

Sy het na elke kunswerk gekyk en ná deeglike oorweging die wenners in die verskillende afdelings aangewys.

Die eerste plekwenners se werk is weer beoordeel en ’n algehele wenner is aangewys wat die Die Pos Palet-wisseltrofee ontvang, asook ’n pryspakkie wat heerlike bederwe vanaf ons borge insluit.

Lourin Viljoen van Modimolle Christian Academy is in haar noppies met die prysgeld wat haar skool ontvang het. Die skool spog met die meeste inskrywings.

Al die deelnemers ontvang sertifikate vir deelname. Die onderskeie wenners kry nie net ’n wensertifikaat nie, maar ook elk ’n pryspakkie moontlik gemaak deur ons borge.

Charmaine Lourens, eienaar en redakteur van Die Pos, bedank al die borge en deelnemers.

In die beeldende kunsafdeling vir laerskole het dié drie leerders van Nuwe Begin Akademia met pryse weggestap. Hier is Juanné van der Berg (vierde), Johan van Rooyen (tweede) en Caylem Beukes (eerste).
Die polisiestasie het aan Caylem Beukes van Nuwe Begin Akademie ’n eerste plek besorg. “Baie mooi en unieke kunswerk. Die uitbeelding is goed gedoen en sluit goed aan by die tema. Dit is kleurvol met baie detail.”

“Gemeenskapsbetrokkenheid is vir die koerant belangrik. Ons gaan die kompetisie weer aanstaande jaar aanbied en weet dit sal nog verder uitkring. Dit bevorder kuns in die Waterberg en gee die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef.”

Hou gerus Die Pos se Facebookblad dop om al die inskrywings te sien.


Waardige wenners

Wenners is bederf met geskenkpakke wat kontant, boeke, geskenkbewyse en geskenke van borge bevat het.

Die jong wenners in Die Pos se kunskompetisie het vandeesweek opgewonde hul pryse kom afhaal.

Hier is ons pryswenners:

Inkleur (juniors):

  • 1ste: Jesse de Wet van Brak-en-Jan Kleuterskool in Modimolle.
  • 2de: Ronewa Mananga van Modimolle Christian Academy.
  • 3de: Lua van Staden van Laerskool Nylstroom.

Junior skilderkuns: (gr. 1 – 4)

  • Eerste: Ouma Sekete van Modimolle Christian Academy.
  • Tweede: Tadiwa Sibanda van Laerskool Tuinplaas.

Senior skilderkuns (gr. 5-7)

  • 1ste: Alice Khvan van Warmbad Academia in Bela-Bela (ook algehele naaswenner).
    2de: Alexi Grobler van Laerskool Warmbad in Bela-Bela.

Beeldende kuns: laerskole

  • 1ste: Caylem Beukes van Nuwe Begin Akademie in Bela- Bela.
  • 2de: Johan van Rooyen van Nuwe Begin Akademie in Bela-Bela.
  • 3de: Lumé van Staden van Laerskool Nylstroom in Modimolle.
  • 4de: Juanné van den Berg van Nuwe Begin Akademie in Bela-Bela.

Woordkuns

  • Lethabo Romgayana van Modimolle Christian Academy.

Skilderkuns: hoërskole

  • 1ste: Stanley Makhuza van Eden Christian School, Bela-Bela.
  • 2de: Cayla Hanekom van Hoërskool Warmbad in Bela-Bela.
  • 3de: Lauré Griessel van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane.

Sien nog foto’s en borge hieronder:

Alexi Grobler (bo) van Laerskool Warmbad het ’n derde plek gekry vir haar kameelperd. “Baie goeie vertolking van die tema. Die teksture van die verf en patrone is effektief gebruik. Mooi kunswerk.”
Bo: Cayla Hanekom het ’n tweede plek opgeraap in die skilderkuns vir hoërskole. Die kommentaar lees:” Die styl van die kunswerk wys talent en kreatiwiteit. Komposisie is baie duidelik en die tema is goed uitgebeeld.”
Links: Alice Khvan van Akademia in Bela-Bela se skilderwerk in die afdeling gr 5-7 het haar nie net ’n eerste plek besorg nie, maar sy is ook die algehele naaswenner.“This is a stunning artwork! Incredible detail and shading were used with excellent results. The contrast in textures of the tree as opposed to the building was done effectively. You have potential in abundance and should seriously consider art classes.”

Borge sorg vir heerlike bederwe

Dankie aan al ons borge wat hul harte en hande oopgemaak het. Die wenners is bederf met goeie pryse.

Die Pos Palet wisseltrofee is deur ’n anonieme persoon geborg. Ons sê dankie, dit is ’n pragtrofee wat met trots elke jaar aan die algehele wenner van die kompetisie oorhandig sal word.

Ander borge:

Modimolle

  • Finest Wear
  • Roepersfontein Hoenders
  • NTK/NWK
  • Oasis Water
  • Paint Hyper
  • Serena Spa
  • Bella Vie Koffiewinkel
  • CSI Bosveld
  • Lillies & Lime Country Shop & Restaurant
  • Wimpy

Bela-Bela

  • Jordans Hair Salon
  • Salon Cleopatra
  • Aida-agentskap
  • Agri Deli
  • Liz Barnard
  • PNA
  • Annaline du Preez
  • Warmbath Gas Produce
  • Grobbies Paneelkloppers
  • Bhams
  • Hi-Q
  • Van Heerden Apteek
  • Hout is Goud

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button