Local newsSchools

Skatkis vol ‘onthou’ word oopgesluit

Leerders en personeel van Laerskool Warmbad in Bela-Bela het op Woensdagoggend 25 Oktober met groot afwagting gekyk hoe ’n 20 jaaroue skatkis oopgesluit word.

Die trommel is al die jare in ’n kluis bewaar en vandeesweek oopgesluit as deel van die skool se 120ste verjaardagvieringe.

Oud-adjunkhoof Louis Fourie sluit die trommel oop.
Linda Hattingh, Seranda Janse van Vuuren, Mary Booyse en Christa van Staden was 20 jaar gelede daar toe die skatkis gepak is en kon help om dit vandeesweek uit te pak.

Die trommel is deur Louis Fourie, oud-adjunkhoof van die skool, oopgemaak. Hy was daar toe dit jare gelede verpak is. Saam met hom op die verhoog in die skoolsaal was vier van die personeellede wat vandag nog deel is van die skool se personeelkorps.

Louis Fourie en Linda Hattingh kyk saam na ’n ou skool dagboek.

Daar is ge-oe en ge-a en grootoog gekyk toe die trommel se inhoud uitgepak en vir die leerders gewys is. Daar was ’n bottel wyn wat destyds spesiaal vir die skool se eeufeesviering gebottel en verpak is, asook lappoppe, trompoppieklere, ’n skooldagboek en talle foto’s en albums.

Die leerders kon vooraf na ’n vertoning van foto’s kyk waarin daar vir hulle gewys en verduidelik is hoe die skool, sy leerders en personeel destyds daaruit gesien het. Skoolhoof Theron Brand het ook kortliks oor die belangrikheid van tradisie gesels.

Related Articles

Back to top button