LifestyleLocal news

Kunsinskrywings onder die loep

Daar is verlede Sondag met ’n fyn oog en die nodige kundigheid gekyk na die 185 inskrywings wat ontvang is vir Die Pos se eerste Pen-tot-Palet- kunskompetisie.

Die kompetisie het onlangs ten einde geloop en die groot werk om wenners in die verskeie afdelings aan te wys was die taak van Odette Graskie (29), ’n professionele kunstenaar van Johannesburg.

Odette het al die pad van Alberton gekom om die kunswerke te beoordeel en te bepaal wie die eerste wenners van die kompetisie sal wees. As kunstenaar werk sy hoofsaaklik met papier, gare en sketse. Haar kunswerke ondersoek menslike interaksie. Sy het ’n meestersgraad in visuele kuns en baie van haar werke word in verskeie oorsese lande uitgestal.

Die deelnemers aan Die Pos se kunskompetisie het fluks ingekleur, geteken, geverf, geskryf en selfs gebou om in aanmerking te kom vir ’n prys.

Die uitslae sal begin November aanlyn bekend gemaak word. Hou gerus Die Pos se Facebook-blad dop om te sien wie die algehele wenner van die spogtrofee is, asook wie as afdelingwenners aangewys is.

Related Articles

Back to top button