AdvertorialLocal newsSponsored

Basaar bied iets vir almal

Mookgophong (Naboomspruit) se inwoners is baie trots op die feit dat hulle hul bejaardes ondersteun.

Juis daarom steek hulle die vreugdesvure reeds vroeg aan by die jaarlikse basaar wat ten bate van bejaardesorg is.

Hierdie basaar is ’n gemeenskapsprojek en bring al die kerke in die omgewing saam om ’n ondersteuningsnetwerk vir ouer inwoners te skep.

Die basaar bied ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed wat besoekers van alle ouderdomme kan geniet. Die teetuin is ’n gunstelingplek vir ouer inwoners om te ontspan onder die groot koeltebome in die geselskap van ou en nuwe vriende.

Vir diegene wat ’n soettand het, is daar ’n stalletjie met heerlike tuisgebak. Die verskeidenheid strek van pragtig versierde koeke, watertandlekker terte, kleinkoekies en beskuit tot tuisgemaakte lekkers. Dit is ook die perfekte plek om te smul aan die ou bekende gunsteling, basaarpoeding. Die vroue sal sorg dat daar ’n wye verskeidenheid keurpoedings is om van te kies.

Een van die hoogtepunte van die basaar is die verkoop van bekostigbare vleis wat deur die gemeenskap voorsien word. Inwoners en besoekers sal verstom wees oor die gehalte van die snitte wat aangebied word.

Die gewilde handwerk- en kunsstalletjies, waar plaaslike kunstenaars hul produkte ten toon stel, is ’n vroeë geleentheid om nou reeds Kersgeskenke te koop. Dit bied aan die besoeker ’n unieke geleentheid om handgemaakte kuns-artikels direk by die kunstenaars te koop en boonop by te dra tot die versorging van die dorp se senior burgers.

Die organiseerders nooi almal met hierdie kostelike gedig uit om hulle te ondersteun:

Kom na die basaar vol pret en praal,
Waar kerke en mense saam verenig in ’n taal.
Proe tuisgebak, drink tee en eet soet
Die Naboomspruit-basaar is waar jou hart sal gloed!

Vir navrae bel vir Sampie Radley by tel. 082 876 4064.

Related Articles

Back to top button