Local newsMunicipal

Water is volop, maar krane droog

Bela-Bela se ligte brand en die damme wat die dorp van water voorsien, is vol. Wat kan dan fout wees?

Inwoners juig in stilte oor beurtkrag wat tans nie geld nie, omdat die dorp as ’n rampgebied verklaar is, maar die erge waterprobleme jaag die gemeenskap die harnas in. Dit het ’n daaglikse stryd geword om sonder water in die krane klaar te kom.

Jeedee Cloete, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -raadslid van Wyk 1, sê inwoners moet hulself maar regmaak vir langtermynwaterprobleme.

Jeedee Cloete, Vryheidsfront Plus (VF Plus)-raadslid van Wyk 1 in Bela-Bela.

“Die munisipale amptenary dink die krisis is weens die mense wat hul tuine natmaak, maar dit is mos ons grondwetlike reg om water na goeddunke te gebruik. As jy bereid is om te betaal, is jy geregtig om die water te gebruik. Ons het genoeg water. Ons damme voorsien voldoende water en die reënseisoen begin nou eers. Die groot probleem lê by ons suiweringsaanleg.”

Cloete stel dit onomwonde dat die aanleg nie op standaard is nie. Hoewel daar sowat drie jaar gelede opgraderings gedoen is, word die wenkbroue nou gelig oor die werk wat gedoen is.

“Dit is afgeteken as ’n 7,5 megaliter aanleg, maar ons hanteer tans maksimum 4,3 megaliter.”

Hy sê die aanleg het agt filters waarvan net vier werk. Dit kan dus nie genoeg water suiwer vir die gebruik of aanvraag nie.

“Ons kry nie die hoeveelheid water wat die dorp benodig gefiltreer nie. Ons reservoirs word nie aangevul nie, want die aanvraag is meer as dit wat ons kan suiwer. Ons het watertekorte, want ons het niks op reserwe nie.”

Hy verduidelik weens die tekort het die munisipaliteit daagliks waterbeperkings ingestel en hulle kom die oop- en toemaaktye daarvan na, maar die probleem ontstaan wanneer die sisteem leeg is en dit langer as gewoonlik neem om die water terug in die krane te kry.

“Ons watersisteem is gebaseer op gravitasie wat beteken die laagste area (township en onderdorp) sal altyd eerste water ontvang en laaste nie meer water hê nie. Dit beteken ook dat die laagliggende areas altyd goeie druk het omdat ons nie kleppe het wat druk reguleer (“pressure regulating valves”) in ons sisteem nie.”

Cloete sê dit veroorsaak dan dat die druk na die laagliggende areas nie beheer kan word nie en sodoende dan die taak bemoeilik om die hoogliggende areas onder druk van water voorsien.

Hy vertel daar was ’n hewige argument oor huiseienaars wat watertenks geïnstalleer het en ’n groot impak maak op watervoorsiening in druktye, maar dat daar geen alternatiewe oplossing is vir die tekort en gebrek aan watervoorsiening nie. Daar bestaan ook tans geen munisipale verordeninge wat dit onwettig maak nie.

Cloete gee egter die versekering dat residensiële eiendomme se water nie afgesny word nie, maar slegs dié van sakeondernemings wat nie hul rekeninge vereffen nie.


Peter Moloto, spokesperson for Bela-Bela Municipality, says:

The Municipality took a decision to put measures in place for the preservation of water.

Water shortage is something that has been of great concern for our Municipality and for most other municipal areas.

The restrictions are based on past experiences wherein there was a tangible threat of reaching a stage where there would be no water to be supplied to the community.

The reason for this is that the distribution of water requires pressure, which comes from a water source — a reservoir or water tower. When pressure is lost within the system, high-lying areas are usually affected first as there is not enough pressure in the system to get the water to them.

Pressure is lost when reservoirs reach critically low levels. This can happen as a result of leakages, burst pipes, above-average water consumption, or power outages which affect pump stations and can lead to pressure decreasing at a rapid rate.

We were experiencing high temperatures over the past weeks which resulted in above-average water consumption. This is probably due to general consumption, watering of gardens, storage of water in large water tanks for preservation purposes, etc.

Upon seeing the extremely high consumption levels, the water division decided to implement the planned water shedding in order to mitigate against water wastage.

In addition, our water supply is severely affected by the high rise in illegal connections which creates a significant problem for the management and equitable distribution of water.

It is also important to highlight that the restrictions are planned for a few hours daily and communicated timeously to the community.

The water restrictions are meant to assist the Municipality in ensuring that it complies with its constitutional mandate of providing water to the community.

Related Articles

Back to top button