Local news

Jagbedryf roep Potgieter vaarwel

Die wildbedryf het onlangs ’n groot gees gegroet met die onverwagse afsterwe van Pieter Potgieter, een van die direkteure van die Professionele Jagtersvereniging (Phasa). Hy was voorheen president van die organisasie.

Potgieter was die eienaar van Motsomi Safaris in die Dwaalboom-omgewing.

Volgens Daniel Ngwepe van Phasa sou Potgieter hulle op Dinsdag 12 September ontmoet vir ’n raadsvergadedring, maar het hy eers ’n buurman gehelp om vuur te beveg. Hulle het vroegaand die tyding gekry dat hy oorlede is.

“Pieter was ’n passievolle natuurliefhebber en jag sedert sy jongdae. Hy het geglo in volhoubare wildbestuur en ons is groot dank aan hom verskuldig vir sy leierskap om te verseker dat die bedryf inklusiewe bewaring, wat almal bevoordeel, nastreef,” het Ngwepe gesê.

“Pieter was nie net ’n groot voorstander van die bedryf en ’n sake-eienaar nie, maar as mens was hy opreg en vrygewig in woord en daad. Ek sal altyd sy woorde tydens Phasa se 2022-konferensie onthou: ‘As jy gee, gee jou bo-kleed’. Hy was energiek met ’n werksetiek wat ’n mens nie aldag teëkom nie. Dit is geen wonder dat honderde plaaslike en internasionale besoekers aan sy plaas oor jare heen met hom en sy vrou Ria vriende gebly het nie.”

Talle huldeblyke het plaaslik, asook uit Amerika en Kanada ingestroom,” het Ngwepe gesê.

Related Articles

Back to top button