Local news

Vlamme getem!

Ná meer as twee dae se harde werk is die brand wat Mabalingwe wildreservaat in puin gelê het, uiteindelik geblus.

Brandbestryders en Bela-Bela se inwoners, het soos eenman saamgestaan toe dit duidelik word dat ‘n veldbrand wat Saterdag laatmiddag (23 September) op ‘n berg naby die reservaat begin het, vinnig versprei.

Die reservaat moes Sondagoggend hul besoekers huistoe stuur en teen die middag was die hele reservaat ontruim. Meer as 50 huise het in die slag gebly.

Die vlamme het vandaar vinnig versprei na die omliggende oorde, plase en kleinhoewes.

Jeedee Cloete, VFPlus-wyksraadslid, het kort ná 18:00 vanaand (Maandag, 24 September) laat weet die brand is geblus.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor al die brandbestryders, boere en hul werkers en almal uit die gemeenskap wat gehelp het. Hy bedank ook die besighede en individue vir skenkings wat ontvang is.

Lees meer in vandeesweek se koerant.

Related Articles

Back to top button