Local news

Verwoestende brand op Mabalingwe woed voort

'n Verwoestende brand het gister by Mabalingwe uitgebreek en woed steeds voort.

Jeedee Cloete, Vryheidsfront Plus raadslid van Wyk 1, sê spanne werk sedert gistermiddag onverpoos om die vlamme te probeer blus. Die sterk wind bemoeilik die spanne se taak.

Cloete sê dankie vir al die kos en water wat besighede geskenk het.

“Dit maak n mens trots om te sien hoe die inwoners saamstaan. Ons gaan dit 12:00 na Mabalingwe neem.”

Baie dankie aan Buffelbar, Eskort, Oasis en Neels van Hydrate, asook Peet se Padstal en al die privaat mense wat water en koeldrank bring.

Related Articles

Back to top button