Local news

Bekende inwoner van Bela-Bela gegroet

Inwoners van Bela-Bela het op Donderdag 24 Augustus met leedwese verneem van die skielike afsterwe van Edwin Dacomb (61).

Hy en sy lewensmaat, Werner Klue, het hulle ná sy aftrede permanent by die Tuin Tuiste-aftreeoord in die dorp gevestig. Hy het dié eiendom etlike jare as ’n naweekhuis gebruik.

Dacomb was in Laerskool Warmbad en het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Warmbad voltooi voordat hy hom aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou UJ) bekwaam het.

Hy het ná sy studies as skakelpersoon vir die destydse Johannesburgse Stadsraad begin werk en is gou bevorder tot ’n afdelingshoof. Hy het buitengewone taalvaardighede gehad en het gereeld vir bekende tydskrifte reisjoernale geskryf en ook resensies behartig.

Sy stokperdjie, wat hoofsaaklik reis was, het hom na die uithoeke van die aarde geneem. Hy het dit geniet om met mense van verskillende wêrelddele kontak te maak en meer te leer van hul unieke gewoontes. Hy het ook baie graag gelees.

Hy word oorleef deur sy broer, Peter-John Dacomb en Werner Klue, familie en vriende.

Reëlings vir ’n gedenkviering was teen druktyd nie beskikbaar nie.

Related Articles

Back to top button