Local newsMunicipal

Water is skaars in Vaalwater

"Dit lyk asof die pype nie die hoë druk van die water kan hanteer nie."

Krane wat kort-kort droog is veroorsaak groot frustrasie vir inwoners van Vaalwater.

Dié tekort aan water kan toegeskryf word aan twee boorgate wat tans buite werking is. Die dorp ontvang al sy water vanaf boorgate in die omgewing.

Volgens Sechele Sebolai, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, is die twee boorgate wat probleme gee boorgat 6B en boorgat 8.

“Hierdie twee boorgate het lank in onbruik gestaan. Die munisipaliteit het dit onlangs toegerus om die verskaffing van water te verbeter, maar dit lyk asof die pype nie die hoë druk van die water kan hanteer nie. Ons het nuwe pype bestel wat teen die einde van die week afgelewer sal word,” het hy gesê.

“Sodra die pype herstel is, behoort die probleem opgelos te wees. Ek sal alle vordering self moniteer,” het hy gesê.

Die boorgate kan sowat 1 megaliter water per dag lewer om aan die inwoners se behoeftes te voldoen.

Related Articles

Back to top button