Die senior lidmate van die kerke op Bela-Bela het op Donderdag 31 Augustus in die NG Moedergemeente se saal byeengekom vir ’n vrolike lenteoggend. Die bejaardes is vermaak met die sang van Rouel Beukes en Chris Coetzer. Albei is inwoners van die dorp en bekend vir hul fluweel stemme. Daar is heerlik saamgesing en gekuier.