Local news

90 jare van seën

Die verjaardagliedjie se woorde: “Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar” is baie mooi van toepassing op Chris en Lettie Coetzee van die Kokanje-aftreeoord in Modimolle.

Nie net vier hierdie egpaar vanjaar hul 90ste verjaardae nie, maar hulle is ook 46 jaar getroud.

Hulle het hierdie mylpale op Saterdag 12 Augustus saam met hul familie en vriende by die Kokanje-lapa gevier.

Chris vier sy 90ste verjaardag op Woensdag 22 November en Lettie het op Donderdag 29 Junie 90 jaar oud geword.

Hulle woon al 18 jaar in Kokanje.

Related Articles

Back to top button