EntertainmentLifestyleLocal LifestyleLocal news

KykNet Buite-ekspo bars uit sy nate!

Daar was die afgelope naweek groot opgewondenheid tydens die KykNet Buite-ekspo wat by die Sondela-natuurreservaat en Spa aangebied is.

Besoekers kon kies en keur uit ’n menigte stalletjies met ’n verskeidenheid smul geregte, lekkernye, drankies en items wat die kamp entoesiaste se koppe laat draai het.

Die vermaak was uit die boonste rakke en verskeie bekende kunstenaars was op die Hankook-verhoog te sien.

Die Springbokke se wedstryd teen Argentinië is op die groot doek uitgesaai.

Die organiseerders het aan Die Pos gesê hul stoutste verwagtinge is oortref.

Sanger Pieter Koen saam met sy vriend Damien Els in die BBP-area waar bekendes en gaste saam gekuier het tussendeur die aktiwiteite.
Anneline du Preez van Die Pos gesels met Fatman (Johan Brummer) wat ’n ou bekende in Bela-Bela is. Fatman het die afgelope naweek die duisende gaste vermaak met sy fluweelstem en pittige sêgoed.
Die musiekgroep Droomsindroom se Kirsten en Kyle Schlebusch wys hulle is trots Afrikaans.
Rugbykoors was hoog voor en na die wedstryd tussen die Springbokke en Argentinië wat regstreeks tydens die KykNet buite-ekspo uitgesaai is. Hier is Hamilton Wessels (KykNET-aanbieder en programleier) saam met Danie Gerber (Springbok-rugbylegende en deel van paneel) en Marius Opperman (van TRIO Events en organiseerder van dié KykNET Buite-ekspo).
Hierdie spogvuurwa van Hi-Q met sy goue letterwerk het beslis die koppe laat draai.

Related Articles

Back to top button